Studente op Opuwo eis herinstelling van Unam-sentrum op dorp

Studente van die Universiteit van Namibië wat op Opuwo in die Kunene-streek gebaseer is, eis die onmiddellike herinstelling van die Opuwo Unam-sentrum, aangesien hulle nou na die Oshakati-kampus moet reis vir eksamens, toetse en die insameling van studiemateriaal. Die studente op Opuwo sê hulle het nie gelyke toegang tot onderwys nie. Hul petisie is namens die Kunene-goewerneur deur die hoof-administratiewe beampte by die Kunene-streeksraad, Kazombiaze Theodore, ontvang.