Chelsea se verkoop aan konsortium vir N$83,5 miljard goedgekeur

Sokker: Die Britse regering het toestemming gegee dat ‘n konsortium die Premiersliga-klub Chelsea oorneem vir 83,5 miljard Namibiese dollar. Waarborge is verskaf die verkoop sal nie die huidige eienaar, die Russiese oliebaron Roman Abramovich, bevoordeel nie. Sy bates in die Verenigde Koninkryk is bevries na sy land se inval in Oekraïne. Internasionale media berig die opbrengs van die transaksie sal in ‘n Britse bankrekening bevries word tot die regering verdere waarborge bekom die geld sal slegs vir humanitêre hulp in Oekraïne aangewend word. Die konsortium word gelei deur die Amerikaanse filantroop Todd Boehly.