Verhoordatum bepaal vir seksuele aanranding-sake teen voormalige waarnemende regter

Die Johannesburgse streekhof het ‘n verhoordatum bepaal vir die seksuele aanranding- en teisteringsake teen ‘n voormalige waarnemende regter. ’n Jong vroulike advokaat het ’n strafregtelike klag teen die beskuldigde ingedien. Die Nasionale Vervolgingsgesag het aanvanklik egter besluit om nie te vervolg nie, totdat AfriForum se Privaatvervolgingseenheid betrokke geraak het. Die klaer het ook die Balieraad, die Johannesburgse Vereniging van Advokate en die Regspraktykraad genader, maar het byna geen ondersteuning gekry nie. Die verhoor is vir 25 en 26 Augustus vasgestel.