Unam se veeartsenyskool maak dag-hospitaal oop

Inwoners van Windhoek het nog ‘n opsie vir mediese sorg vir hul troeteldiere. Die Universiteit van Namibië se Veeartsenyskool maak Maandag sy diere-hospitaal vir dagpasiënte oop. Jonger veeartse word die geleentheid gebied om te leer onder die leiding van senior veeartse en sou jou troeteldier moet oornag, dan sal Neudamm se personeel intree. John Haufiku, woordvoerder by Unam, het meer.