Leigh Pascheka-Husselmann is PDM se Swakop-kandidaat

Die Popular Democratic Movement het Leigh Pascheka-Husselmann as sy kandidaat vir die tussen-verkiesing op Swakopmund aangekondig. Pascheka-Husselmann is ‘n deurwinterde paramedikus en uitgesproke gemeenskapsaktivis. Die verkiesing is genoodsaak deur die skorsing van Ciske Smith-Howard deur haar party, die Independent Patriots for Change. Die party se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe sê hulle kon die ‘n beter kandidaat gekies het nie.