Twitter se saak teen Elon Musk begin in Oktober

‘n Amerikaanse regter in die staat Delaware het beveel dat Twitter se regsaak teen Tesla se uitvoerende hoof, Elon Musk, in Oktober in die hof begin. Die sosialemedia-maatskappy het verlede week ‘n saak teen die miljardêr aanhangig gemaak om hom te dwing om sy koopooreenkoms van 752,62 miljard Namibiese dollar na te kom. Musk het vroeër die maand aan Twitter gesê hy wil die ooreenkoms laat vaar oor sy vermoede dat die maatskappy meer gemorspos en vals rekeninge het as wat hulle erken. Twitter beweer Musk het die bepalings van sy ooreenkoms om die maatskappy te koop, herhaaldelik oortree.