Action Society ondersteun afwenteling van polisiemagte na provinsies

Action Society in die buurland sê hy ondersteun oproepe dat polisiemagte na provinsies afgewentel word. Die minister van polisie, Bheki Cele, het Maandag aan inwoners in Khayelitsha, Kaapstad gesê om polisiemagte af te wentel tot op provinsiale vlak, sal ‘n mors van tyd en energie wees en dat die Grondwet verander moet word om dit te doen. Action Society se woordvoerder, Ian Cameron, sê provinsiale polisie kan baie doeltreffender wees indien Cele afwenteling goedkeur.