Operasie Dudula verwelkom Informele Handelaarsbeleid

Operasie Dudula het die inwerkingstelling van die Stad Johannesburg se Informele Handelaarsbeleid verwelkom. Dit sal help om te bepaal of smouse in die Johannesburgse sake-kern hulle goedere mag verkoop of nie. Die beleid, wat in Mei aanvaar is, het sommige informele handelaars uitgesluit laat voel uit die hele proses. Operasie Dudula se streeksvoorsitter, Siphiwe Shabangu, sê die groep ondersteun die beleid ten volle, ondanks die beskouing dat dit xenofobies is.