Tweede grondkonferensie was bloot ‘n foefie – AR

Daar is talle bepalings van die tweede grondkonferensie wat in Oktober 2018 reeds gehou is, wat nog nie geïmplementeer is nie. Voorvaderlike grondeise het ook onder die loep gekom met ‘n kommissie wat daargestel is en reeds in 2020 hul verslag aan President Geingob oorhandig. Onteiening sonder vergoeding is ook bespreek. En tog, wil dit voorkom asof die regering glad nie haastig is om die kwessie van grond en die verspreiding van eienaarskap in die land aan te spreek nie. Die Affirmative Repositioning-aktivis, George Kambala sê die hele grondkonferensie was ‘n foefie.