BoN sal kleiner verhogings vir langer instel – ekonome

Reaksie word ontvang op die verhoging van die bank terugkoopkoers na 7 persent toe. Die sentrale bank het vanoggend die aankondiging gemaak. Ekonome stem saam dat die bank die benadering neem om eerder kleiner verhogings vir langer te maak, as om groter spronge vir ‘n korter tydperk in te stel, soos die stigter van High Economic Intelligence, Salomo Hei, verduidelik.