As Wagter graag huil, is hy nader verwant aan wolwe

Toe die Hongaarse dieregedragkundige Fanni Lehoczki agterkom dat die gereelde gehuil van haar Siberiese husky “Bizsu” nie altyd ander honde in die tipe wolfagtige reaksie uitlok nie, het dit die vraag laat ontstaan – hoekom is sekere honde meer geneig om te huil? Navorsers aan Budapest se Eotvos Lorand-universiteit waar Lehoczki werk, het ondersoek ingestel of sekere honderasse meer geneig is om te huil. Hulle het 28 rasse benut in die studie en daar is bevind dat rasse wat geneties nader aan wolwe is, meer geneig is om te huil en toon ook meer stresseine as honde wat minder aan wolwe verwant is. Dit geld ook net vir honde ouer as vyf jaar.