Twee vroue verteenwoordig Namibië by Joburg-rolprentfees

Die Namibiese Rolprent-kommissie in samewerking met MultiChoice Namibia het Ndakalako Shilongo en Othilia Mungoba gekies om die Joburg-rolprentfees by te woon. Dit is moontlik gemaak met ‘n gesamentlike borgskap. Die filmfees duur van 31 Januarie tot 5 Februarie 2023. Mediabeampte van die rolprentkommissie, Hertha Katjivena sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle vertrou dat dit blootstelling sal gee aan die film-projekte van hierdie twee uitgesoekte rolprentmakers en met hul terugkeer kampioen-vroue in filmwese sal wees.