Namibiese brandstofprys bly onveranderd in Februarie

Die Namibiese ministerie van myne en energie het bekend gemaak dat brandstofpryse vir Februarie onveranderd bly. Die prys van diesel bly op 20 Namibiese dollar 65 sent per liter en dié van petrol op 18 dollar 28 sent per liter by Walvisbaai. Die woordvoerder van die ministerie, Andreas Simon sê die ministerie het besluit om die brandstofpryse onveranderd te laat, ondanks die onderverhandeling van sowat 50 miljoen dollar wat deur die Nasionale Energiefonds geabsorbeer sal word.