Suid-Afrika gaan ook jagluiperds na Indië uitvoer

Die departement van bosbou, visserye en die omgewing sê Suid-Afrika sal volgende maand 12 jagluiperds na Indië stuur om die katbevolking aan te vul. Die ooreenkoms tussen die lande bepaal dat 12 jagluiperds elke jaar vir die volgende agt tot tien jaar gestuur sal word. Die lande sal beste praktyke oor karnivoor-bewaring met mekaar ruil, insluitend die oordrag van tegnologie, opleiding van professionele persone en gedeelde toesig oor die jagluiperds met hulle verskuiwing. Die projek hou ekologiese voordele in en sal die ekonomieë van plaaslike gemeenskappe verbeter.