Twee verdagtes van vermiste miljoene van Cell-C in hof

Nog twee verdagtes wat betrokke is by die vermiste miljoene van Cell-C, moet volgende week weer in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Palm Ridge, Gauteng, verskyn. Hulle is onderskeidelik op borgtog van 10 000 rand en 30 000 rand vrygelaat toe hulle weens beweerde bedrog en geldwassery verskyn het. Hulle word daarvan aangekla dat hulle bedrae bygevoeg het by fakture, en dit het tussen 2012 en 2019 tot ‘n verlies van sowat 130 miljoen rand gelei. Polisiewoordvoerder Ndivhuwo Mulamu sê die twee sal volgende week saam met die ander in die beskuldigdebank staan.