Kaapstad se burgemeeser sê Cyril moet beurtkrag takel

Die burgemeester van Kaapstad, Gordin Hill-Lewis, sê dis opvallend dat vanjaar se staatsrede in dieselfde week plaasvind as Eskom se jongste ronde beurtkrag. Hy glo dis die ideale geleentheid vir President Cyril Ramaphosa om hom te verbind tot die vooropstelling van veilige energie. Hill-Lewis sê beurtkrag kos die nasionale ekonomie na raming 500 miljoen rand per fase per dag.