Twee dood in hernude Sudan betogings

Die geweld in Sudan duur voort. Minstens twee betogers is doodgeskiet toe veiligheidsmagte skares gekonfronteer het wat opgeruk het en steeds eis het dat gevangenes vrygelaat word en die militêre bewind beëindig word. Duisende mense het die strate in die hoofstad Khartoem oorgeneem in een van die grootste betogings teen Oktober se staatsgreep in byna ‘n maand. Hulle eis vryheid en demokrasie en verwerp die militêre bewind in die land.