Ramaphosa het leiding gevat tydens pandemie – Phaahla

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê die land se gesondheidsdienste kon die Covid-19-pandemie hanteer. Hy het gister gepraat tydens die staatsrede-debat in die Kaapstadse stadsaal. President Cyril Ramaphosa het verlede Donderdag tydens die staatsrede aangedui die nasionale ramptoestand gaan binnekort opgehef word. Phaahla sê Ramaphosa het ‘n groot bydrae gelewer in die stryd teen Covid-19, veral om entstowwe vir die land te kry: