Turkye wil keer dat Swede en Finland by Navo aanlsuit

Turkye sê hy is vasbeslote om Swede en Finland se poging om by Navo aan te sluit te keer. President Recep Tayyip Erdogan het veral Stockholm beskryf as ‘n terreur-skuilplek. Die twee lande het hulle lank-gevestigde beleid om onbetrokke te bly laat vaar nadat Rusland Oekraïne ingeval het. Finland en Swede het gister ‘n gesamentlike aansoek om Navo-lidmaatskap ingedien. Erdogan dreig egter om die bod te kelder. ‘n Top-raadgewer van die Amerikaanse president, Joe Biden, sê Amerika is oortuig Turkye se kommer oor die twee lande kan oorkom word.