Napha ondersteun Zimbabwe se ivoor-versoek

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging het gereageer op Zimbabwe wat op soek is na internasionale steun om toegelaat te word om sy voorraad van ivoor waarop beslag gelê is, te verkoop. Die bykans een miljard Namibiese dollar wat hy verwag om te verdien, word dringend benodig vir die bewaring van sy vinnig groeiende olifantbevolking. Volgens natuurbewaarders vermeerder Zimbabwe se olifante teen ‘n gevaarlike spoed. Die land se geraamde 100 000 olifante is dubbel die dravermoë van sy nasionale parke. Die president van Napha, Axel Cramer, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle ondersteun Zimbabwe.