US-student vir verkragting gearresteer

Die Universiteit Stellenbosch bly in die nuus nadat een van sy studente op ‘n aanklag van verkragting in hegtenis geneem is. Die universiteit sê die slagoffer het ‘n saak van verkragting by die polisie aanhangig gemaak en ontvang tans berading. Die vermeende oortreder is geskors hangende ‘n interne ondersoek.