Trump sal waarskynlik New Hampshire vat

Oudpresident Donald Trump van Amerika het in aanloop tot die Republikeinse voorverkiesing vandag in New Hampshire ʼn groot voorsprong bo Nikki Haley, wat sy enigste oorblywende teenstander is. ʼn Washington Post-Monmouth University-meningspeiling het bevind 52-persent van die kiesers steun Trump, terwyl 34-persent vir Haley sal stem. Trump se ondersteuning in die staat het sedert November verlede jaar met ses-persentasiepunte gegroei. New Hampshire het in 2008, 2012 en 2016 voorspel wie die Republikeinse benoeming gaan wees.