SA20: Sunrisers kry bonuspunt-oorwinning

SA20 se verdedigende kampioene, Sunrisers Eastern Cape, het in Gqeberha ʼn oorweldigende bonuspunt-oorwinning van nege paaltjies behaal oor verlede seisoen se naaswenners, Pretoria Capitals. Ottniel Baartman het die beste prestasie van sy SA20-loopbaan behaal toe hy vier paaltjies vir net 12 lopies platgetrek het, met die Capitals almal uit vir ʼn rekord-lae 52. In antwoord hierop het Jordan Hermann en Tom Abell daarna ‘n onoorwonne tweede paaltjie-vennootskap van 50 lopies aangeteken met die Sunrisers wat die wenlopies aangeteken het met nog 79 balle oor. Baartman sê hierdie indrukwekkende oorwinning gee die span ʼn groot hupstoot: