Tobie en kie oor vandag oor appèl

Uitspraak word vandag verwag in Tobie Aupindi en Antonio di Savino se appèlsaak teen hulle skuldigbevinding op ‘n klag van korrupsie. Regters Christie Liebenberg en Herman January sal om tien-uur na verwagting hulle beslissing bekend maak. Aupindi en Di Savino is aan die einde van 2018 skuldig bevind aan klagte van korrupsie nadat die laerhof bevind het dat Di Savino, wat werk vir Namibia Wildlife Resorts gedoen het, in 2006, 50 000 Namibiese dollar vir ‘n swembad vir Aupindi betaal het. Aupindi was ten tye van die voorval die besturende direkteur van NWR. Albei het die klagte ontken maar Aupindi kon nie aan landdros Helvi Shilemba ‘n bewys van betaling voorsien nie. Albei is ‘n boete van 50 000 Namibiese doller opgelê of 30 maande tronkstraf en albei het die boete betaal.