ActionSA sê sy naam is uitgelaat op ontwerp-stembriewe

ActionSA dreig met regstappe teen die Verkiesingskommissie nadat die party se naam weggelaat is uit die ontwerp-stembriewe vir die plaaslike regeringsverkiesing. Dit volg nadat die OVK die finale proewe van die stembriewe die naweek aan wyke in Gauteng voorgelê het tydens ‘n geleentheid om dit af te teken. Lerato Ngobeni van ActionSA sê slegs die logo van die party verskyn in die opgestelde stembrief van die kommissie, terwyl die party se naam uitgelaat is: