Regstryd vir Zim-boere nie verby nie

Suid-Afrika se Konstitusionele Hof het bevind dat ‘n eis van 2 miljard Suid-Afrikaanse rand teen die buurland se regering deur Zimbabwiese boere vir grondgrype, verjaar het. Howe in Europa en Amerika het egter onlangs vergoeding en regskoste teen die regering van Zimbabwe toegeken, wat presedente in internasionale reg skep en Zimbabwiese staatsbates kwesbaar laat vir beslaglegging. Dr. Theo de Jager, president van die Wêreldlandbou-organisasie en direksievoorsitter van Saai, het verklaar dat dit nie die einde van die saak is nie.