Mbumba rits te veel rond

Die publiek spreek kommer uit oor president Nangolo Mbumba wat baie reis vir “werk” sedert hy die leisels oorgeneem het ná die dood van president Hage Geingob in Februarie. Die bekommernisse wentel om die koste verbonde aan die reise, sekuriteitsimplikasies en die president se bestuursverantwoordelikhede wat nie aandag geniet nie. Dit wil ook voorkom asof dit ‘n Swapo-veldtog is. Deursigtigheid rakende die doel en noodsaaklikheid van die reise is ook gebrekkig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, wat met die publiek saamstem en Mbumba se produktiwiteit bevraagteken.