Vervoer-operateurs gemaan oor kapings in SA

Die Walvisbaai Korridor-groep het vragmotorbestuurders en vervoermaatskappye in Namibië gewaarsku oor toenemende kapings op die N4, deel van die Trans-Kalahari-korridor. Dit kom veral rondom Rustenburg en Mafikeng voor. Die groep sê beide vrag en die vragmotors self word geteiken. Vragmotorbestuurders word dikwels doodgeskiet of ernstig beseer. Operateurs word gemaan om uiters versigtig te wees en bestuurders, om enige voorvalle onmiddellik aan te meld.