Lenings moet hulself terugbetaal sê ekonoom

Opinies oor die Wêreldbank se lening van 2,6 miljard Namibiese dollar vir die uitbreiding van Namibië se transmissienetwerk is verdeeld. NamPower sal die geld gebruik vir die ontwikkeling van ‘n tweede 400kV Auas-Kokerboom transmissielyn, die ontwikkeling van ‘n battery-energie stoorstelsel-fasiliteit, en tegniese bystand om hernubare energie-projekte te ontwikkel. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se departement Ekonomie gepraat, wat sê dat die lening homself dalk kan terugbetaal, wat goed sal wees vir die ekonomie.