Babas het 15-keer die hoeveelheid plastiek as volwassenes

Navorsing in die staat New York het bevind babas het 15-keer meer mikroplastiek in hulle liggame as volwassenes. Mikroplastiek is klein brokkies wat minder as vyf-millimeters groot is. Dit word in verskeie nywerhede gebruik, wat insluit kosmetiek, biotegnologie, waspoeier en medisynekapsules. Dit kan ook voorkom wanneer plastiekvoorwerpe afgebreek word soos wanneer aan ‘n fopspeen gekou word. Volgens Europese nuusagentskappe glo navorsers babas kry ook hoë vlakke mikroplastiek in wanneer hulle kruip op tapyte wat dit bevat.