Voedselproduksie en politiek meng nie

Die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, het onlangs kritiek uitgespreek oor die begroting vir groenskemas vir kleinskaalse boerdery wat gesny is. Volgens Venaani fokus die regering net daarop om kortsigtige beleide te implementeer, in plaas van om oplossings te kry vir voedseltekorte in die land. Die landbou-ministerie het onlangs ‘n begroting uitgereik wat verskeie projekte gelys het om kleinskaalse boere te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jona Musheko, die landbou-ministerie se woordvoerder, wat sê dit help nie om voedselproduksie te verpolitiseer nie.