Tienling se ma wil Sanef dagvaar

Die vrou om wie die sogenaamde Tembisa 10-sage draai, Gosiame Sithole, en haar man, Teboho Tsotetsi, beplan om die redakteursforum Sanef en sy voormalige algemene sekretaris, Mahlatse Mahlase, te dagvaar vir beweerde lasterlike uitlatings. Die paar eis ‘n onmiddellike verskoning. Sanef en Mahlase het gister ‘n verklaring uitgereik waarin aangevoer word Sithole het nooit ‘n tienling verwag nie. Die forum het die Internasionale Nuusmedia-vereniging gevra om hulle dokumentêre program van agt episodes te onttrek uit die benoemings vir die Wêreldwye Media-toekennings. Sanef se woordvoerder, Sbu Ngalwa, het hul standpunt vroeër so verwoord.