19-jarige vas vir N$683 000 se dagga

Die polisie in die Kavango-streek het ‘n 19-jarige verdagte in hegtenis geneem vir die besit van dagga ter waarde van amper 683 000 Namibiese dollar. Die streek se bevelvoerder, kommissaris Josephat Abel sê die mannetjie is vasgetrek by die Mururani-padblokkade. Die 115 pakkies dagga was in vier tasse versteek. Daar word verwag dat hy vandag in die Rundu-landdroshof verskyn.