Meatco veil eiendom op, min belangstelling

Daar was nie groot belangstelling in die eiendom van Meatco wat onder die hamer gekom het nie. Drie van die vier eiendomme is tydens die Namboer-veiling vir ‘n gesamentlike bedrag van 4,85 miljoen Namibiese dollar verkoop. Die 344 hektaar kleinhoewe by Rietfontein naby Grootfontein het 1,8 miljoen dollar behaal, terwyl die ander twee kleinhoewes by Okahandja en Otavi onderskeidelik gegaan het vir 1,5 miljoen en 1,55 miljoen dollar. Daar was geen belangstelling in die stuk grond by Gobabis waarop voerkraal-infrastruktuur opgerig is nie. Minder as 20 mense het die veiling bygewoon.