Thomas Bjorn weer Europa se Ryderbeker-onderkaptein

Gholf: Thomas Bjorn van Denemarke sal weer Span Europa se onderkaptein wees in volgende jaar se Ryderbeker-kompetisie teen Amerika in New York. Hy was ook Luke Donald van Engeland se assistent toe Europa die Verenigde State verlede jaar in Rome geklop het. Die vasteland hoop om volgende jaar vir die eerste keer sedert 2012 die kompetisie in Amerika te wen. Donald sê omdat dit ‘n wegkompetisie is, moet hulle so gou moontlik begin beplan. Dit word in September in Farmingdale gespeel.