SAPD ondersoek bewerings dat MK handtekeninge vervals het

Die Verkiesingskommissie in die buurland het die polisie gevra om die ondersoek na bewerings dat die MK-party bedrieglike handtekeninge ingedien het om aan die kandidaatnominasievereistes te voldoen, vinnig af te handel. Volgens berigte beweer ‘n voormalige senior lid dat die party die meeste van die handtekeninge vervals het om vir die komende nasionale verkiesing te kwalifiseer. ’n Strafregtelike klag is by die polisie ingedien. Die OVK sê ’n spoedige ondersoek is noodsaaklik vir ‘n vry en regverdige verkiesing.