Blinken optimisties vir ooreenkoms in Kaïro

Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het Hamas versoek om spoedig die jongste voorstel oor ‘n skietstaking te aanvaar. Die voorstel sluit in ‘n skietstaking van 40 dae in ruil vir die vrylating van gyselaars, en dat ontwortelde families na die noorde van Gaza kan terugkeer. Onderhandelaars van Egipte, Katar en Amerika is vir weke reeds besig met onderhandelings vir ‘n skikking. Blinken sê hy is versigtig optimisties dat Hamas die ooreenkoms sal aanvaar: