Skenk komberse vir haweloses die winter

Die winter is om die draai en die AB-stigting sal sy jaarlikse Mega Winter Blanket Drive ten bate van behoeftiges aanbied. Verskillende groepe in Windhoek, onder andere die straatkinders, gaan skenkings kry. Die AB-stigting is op soek na skenkings van swaar komberse en warm klere. Kosmos 94.1 nuus het met Abraham Angula, die medestigter van AB Foundation, gepraat wat vra dat skenkings hulle teen 16 Junie moet bereik.