Israel ‘het duidelik besluit op wraak teen Iran’

Israel het duidelik besluit om teen Iran wraak te neem vir missiel- en hommeltuig-aanvalle, volgens Brittanje se buitelandse sake minister, David Cameron. Cameron is tans op ‘n besoek aan Israel. Wêreldmoondhede streef daarna om ‘n wyer uitbreek van konflik in die Midde-Ooste te voorkom ná Iran se aanvalle Saterdagaand. Washington en ander Westerse regerings hoop dat nuwe ekonomiese sanksies teen Iran sal help om Israel te oorreed om die omvang van sy vergelding te beperk. Cameron sê Brittanje wil gekoördineerde sanksies teen Iran sien deur die Groep van Sewe groot demokrasieë, wat hierdie week in Italië vergader.