Tennis: Swiatek wen Franse Ope in rillerstryd

Tennis: Iga Swiatek het Karolina Muchova met 6-2, 5-7, 6-4 geklop en haar derde Franse Ope-titel op Roland Garros ingepalm. Die 22-jarige Swiatek is net die derde vrou van die begin van die Oop-Era van 1968 af, wat haar eerste vier Grand Slam-eindstryde kon wen. Die Poolse speler het nog ‘n oorwinning gevoeg by haar 2020- en 2022-titels in Parys en verlede jaar se triomf by die Amerikaanse Ope. Die Tsjeggiese Muchova, wat 43ste in die wêreld is, was die vierde laagste vrou op die ranglys wat die eindstryd van die Franse Ope bereik het, wat haar eerste kampioenskapswedstryd by ‘n groot toernooi was. In vanmiddag se mans-eindstryd kom die derde-gekeurde Novak Djokovic te staan teen die vierde-gekeurde Casper Ruud.