Pous Franciskus herstel goed, maar lewer nie Sondag-boodskap

Dokters wat pous Franciskus behandel sê hy herstel goed van sy operasie, maar hulle het kom aangeraai om nie sy Sondag-boodskap van ‘n hospitaal-balkon af te lewer nie. Die 86-jarige Franciskus het ‘n prosedure van drie uur in die Gemelli-hospitaal in Rome ondergaan vir ‘n buikbreuk en moet nog ‘n week in die hospitaal deurbring. Hy het die afgelope twee jaar verskeie gesondheidsprobleme ondervind, insluitend longinfeksie en ‘n gedeeltelike kolektomie, terwyl hy verlede maand ook weens koors in die hospitaal opgeneem is.