Tekorte aan gesondheidspersoneel bly ‘n kwessie 

Die tekort aan personeel in die openbare gesondheidstelsel bly ‘n kwessie van groot kommer by die Okongo-distrikshospitaal in die Ohangwena-streek. Die hospitaal, wat gemiddeld 30 000 pasiënte per jaar het, benodig meer mediese en verpleegpersoneel. Okongo-hospitaal kry pasiënte van die streke van Kavango-Wes en Oshikoto, sowel as uit die suidelike gebiede van Angola. Die hospitaal het tans 42 verpleegsters en min hulpdokters by die hospitaal, wat ver onder die vereiste is. Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula reageer hierop.

Shangula sê ook Namibiërs neem verpleging ernstig op en hulle doen wel aansoek, maar die probleem lê by die opleidingsinstellings.