Ontvoerde Kaapstadse meisie is ongedeerd tuis

‘n Jong Kaapstadse meisie wat bykans twee weke gelede ontvoer is, is gelukkig om ongedeerd tuis by haar gesin te wees. Die agtjarige Abirah Dekhta is ontvoer op pad skool toe in Rylands, en is Maandagaand in Khayelitsha gered. ʼn Woordvoerder van die gesin, Mian Ramzan, sê die eerste ding wat Abirah wou hê was ʼn drukkie van haar verligte ouers. Sy het vertel die ontvoerders het haar nie seergemaak nie en sy het kos gekry, TV gekyk en gespeel. Volgens Ramzan is ʼn losprys geëis, maar nie betaal nie.