Eskom kan nie diesel bekostig

Eskom sê die huidige beurtkrag word veroorsaak weens die kragvoorsiener se finansiële posisie. Bedryfshoof Jan Oberholzer het op ‘n nuuskonferensie oor die energiekrisis gesê Eskom het nie genoeg geld om nog diesel te koop nie. Hy sê munisipaliteite skuld die onderneming altesaam 52 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat sy finansiële verknorsing vererger.