Stel SA verkiesing uit, sê eks-statistikus-generaal

Voormalige statistikus-generaal Pali Lehohla stel voor die 2024 algemene verkiesing word uitgestel. Hy sê daar is ʼn behoefte aan inklusiewe en eerlike gesprekke oor Suid-Afrika se toekoms waarby alle burgers betrokke is. Hy het kommer uitgespreek dat die land verswak het na vlakke voor 1993 wat die ekonomie, maatskaplike prestasie en regering betref. Lehohla glo ‘n nasionale gesprek is nodig om die toekoms en stand van Suid-Afrika te bespreek.