NamPost waarsku oor vals sosiale media-boodskap

NamPost wil graag die publiek inlig dat ‘n misleidende boodskap op sosiale media-platforms die rondte doen, na bewering van NamPost. Die boodskap beweer die aanvang van ‘n jaarlikse pakhuisverkoping wat beskadigde of gebrekkige items teen ‘n afslagkoers aanbied. NamPost wil graag duidelik maak dat hierdie boodskap VALS is en nie deur NamPost uitgereik is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Gladwin Groenewaldt, woordvoerder van NamPost, gepraat.