Stormers trotseer dalk nog ‘n besering

Rugby: Die Stormers kan dalk Saterdag in die Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Bulle sonder ʼn sleutelspeler uitdraf. Die ervare Springbok-vaskopstut Frans Malherbe is reeds buite aksie met ʼn rugbesering. Netwerk24 berig die Bokke se nommer agt, Evan Roos, is moontlik ook nou uit. Hy het volgens berigte verlede Saterdag in die Kampioenebeker-sege teen La Rochelle sy kakebeen beseer. Die Stormers sal waarskynlik Marcell Theunissen van die bank af bevorder of Hacjivah Dayimani van die steelkant-flank-posisie verskuif.