Stad Whk pas aansoeke vir boupermitte aan

Stad Windhoek het aangekondig dat die voorwaardes vir aansoeke vir boupermitte vanaf 21 September aangepas word. In ‘n verklaring sê die munisipaliteit dat alle aansoeke bevestiging van die aanstelling van ‘n professionele argitek moet insluit. Die nuwe, aangepaste aansoekvorm is aanlyn beskikbaar.