Blitsbokke fokus op Vancouver

Die Springbok Sewes-speler, Muller du Plessis, sê die teleurstelling van die Olimpiese Spele is agter hulle en die span fokus nou op die Vancouver-ronde van die Wêreldreeks. Verlede jaar se ronde daar, was Du Plessis se 14de in die Blitsbok-trui en wanneer die span Saterdag teen Mexiko, Spanje, en Kenia in Groep A te staan kom, sal die vleuel net so gemotiveerd wees as in sy eerste toernooi. Hy sê hy sien uit daarna om weer in aksie te wees: