Inspiration4 is op pad na sy wentelbaan

SpaceX se eerste span ruimtereisigers wat net uit burgerlikes bestaan, is gisteraand sonder probleme van Nasa se Kennedy-ruimtesentrum in Florida die ruimte in gelanseer. Die bevelvoerder Jared Isaacman, die vlieënier Sian Proctor, mediese beampte Hayley Arceneaux en die sendingspesialis Chris Sembroski, gaan drie dae om die aarde wentel. Die sending is die eerste private lansering deur Elon Musk se maatskappy en die eerste keer dat die bemaning net uit amateur ruimtevaarders bestaan. Die president van SpaxeX, Gwynne Shotwell, sê dit baan die weg vir die toekoms wanneer die ruimte meer toeganklik gaan wees vir almal wat graag wil gaan.